Resepte Groep C

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers 
van ons gereelde geselsbrief - Begin jou dag 'n slag met 'n lag.

[deur Emily Kruger saamgestel]

Om in te skryf om die geselsbrief gereeld te ontvang, 
stuur net jou E-pos adres aan D@nie.co.za.

Gaan na Resepte Index

INHOUDSOPGAWE
Kliek eenkeer op die naam van die resep en die resep sal verskyn:

Aartappel-Kaaskoekies | Aartappelsuurdeeg | Afrika's Koekiis | Anderse Pap-en-Wors | Appelliefie Tert | Appeltert I | Appeltert II | Asbrood | Beesstert Broodjie | Beestong met Mosterdsous | Bief-en-Varkwors Kasserol | Bierbroodjie | Blitsige Kerriekos | Blitsige Maalvleis-en-Bone Kerrie | Blitsvinnige Vrugtekoek | Bobotie in die Mikrogolf | Boeliebief skywe | Boere Soetkoekies | Boontjiesop met Spekblokkies | Botter Laagkoek | Braaivleis Broodjie | Bruin Poeding | Bruintjies | Butternut Sop | Cremora Tert | Dadelbrood | Dadelkluitjies van Ouma Tillie | Deeg Skelmpies | Die Allerlekkerste Rosynebrood | Dik Groentesop | Doodeet Worsgereg | Doodvreet-Lepelskons | Ertjiesop | Feespap | Frikkadelle | Gemmerkoekies | Gemmerkoekies van Minette | Gesmoorde Beesstert | Gesondheids Beskuit | Geurige Oondgebakte Hoender en Rys | Groenboontjie Bredie | Growwemeelbeskuit | Heerlike Witbrood | Hertzoggies | Hoenderlewer met Byt | Ingelegde Vis | Jan Smuts-koekies | Kaapse Kerrie | Kaas - En - Uiebrood | Kaaskoek | Kaaskoekies | Kaasstrooitjies | Kaiingbrood | Kampkerriekos | Kaneelbolletjies | Karringmelk Sjokoladekoek | Karringmelkbeskuit | Kerrie Botterpampoen Sop | Kerriesouttert | Klapperkoekies | Kluitjiesop | Knoffelring | Koffiekoekies | Kondensmelkkoekies I | Kondensmelkkoekies II | Konfyttertjies | Korentekoekies | Korslose Kaastert | Krummelpap Verrassing | Lekker Soetkoekies | Lensiesop | Lewer Bobotie met Appel | Lewer en perske-broodjie | Lewer in Netvet (Skilpad) | Lewerkoekies | Melksnysels | Mieliebrood | Mokka-Sjokolade-Splinter-Soufflé | Mosbolletjiebrood | Naweekkoekies | Neutebrood | Ouderwetse Lampastei | Outydse Bonesop | Pannekoek | Paul Krugerkoek | Raap-en-Skraap | Roosterkoek | Rugby Tert | Ryspap | Sardyne met Geelrys | Semel Piesangbrood | Skuinskoek | Sosatie Marinade | Souserige Beesstert | Souskluitjies | Speserykoekies | Stywepap en Krummelpap | Suikermielie Bredie | Suurlemoen Meringue Tert | Tipsy Tert | Vetkoekies | Vinnige en Maklike Melktert | Wasgoedbondeltjies | Wildsvleis Bobotie | Worsgebak | Wortel en Aartappelsop | Yskaskoekies | Ystervarkies I

Aartappel-Kaaskoekies

3 aartappels, geskil 1 ui                                               1 eier, geklits

30ml koekmeelblom                                                    sout en peper na smaak

5ml bakpoeier                                                              125ml gerasperde Cheddarkaas

10ml gekapte pietersielie                                            olie om in te braai

 

Rasper die aartappel en ui saam. Roer die eier, koekmeelblom, sout, peper en bakpoeier by. Roer die kaas en pietersielie by.

Skep lepelsvol van die mengsel in vlak, warm olie en braai dit tot goud bruin aan albei kante. Dreineer dit op kombuispapier.  Bedien dit dadelik.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Aartappelsuurdeeg

1/2 Koekie yeast (moet koekie yeast wees)

Middelslag aartappel, fyn gerasper (belangrik - mooi fyn)

2 Eetlepels Suiker                                                        1 Eetlepel Sout

 

Sit alles in Consol Bottel (soos vir vrugte inlê)

Maak bottel vol tot by nek met sterk lou water en roer goed

Maak toe met deksel - nie styf nie en laat staan op warm plek.  Die aartappels sal boontoe trek na die deksel toe - dan is dit reg. Skud bottel, hou hand voor en gooi af maar nie als nie - behou sowat 1/4 van alles terug. Onthou, die eerste keer of twee sal dit nie behoorlik rys nie - dit vorm nog die suurdeeg basis.

Hierdie proses moet sowat drie keer herhaal word - dan is die suurdeeg reg vir gebruik.

Moet nie te warm water gebruik nie (net sterk lou) anders maak dit die suurdeeg dood.

Wie het vir my 'n broodresep (regte egte boerebrood) wat met aartappelsuurdeeg gemaak word? My buite-oond gaan binnekort reg wees dan wil ek begin bak!

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Afrika's Koekiis

Die resep het verskyn in Di Afrikaanse Koek en Poeding Boek Duer 'n Frystaatse Dame, Paarlse Drukpers Maats. Beperkt. 1914.

 

3 lb Flour                                                                      1 lb witsuiker

1 lb botter                                                                    telepel soda en 2 telepels

kremetart, met melk of water aangemaak

 

Dit is die hele resep.

 

Hiermee 'n variasie van Afrika-koekies in die jare 90 (lewer 90 koekies)

 

120 g koekmeelblom (250 ml)                                    390 g volkoringmeel (750 ml)

120 9 mieliemeel (250 ml)                                          200 g sagte bruinsuiker (250 ml)

3 ml gemengde speserye                                            5 ml Kremetart

250 g botter                                                                 3 ml Koeksoda

225 ml melk                                                                 250 ml karringmelk

 

Meng meelblom, volkoringmeel en mieliemeel. Voeg bruinsuiKer, speserye en kremetart by. Vryf botter daarby in tot mengsel soos broodkrummels lyk.

Los koeksoda op in melk en voeg by meelmengsel. Voeg karringmelk by en meng tot sagte deeg.

Skep lepelsvol van mengsel op gesmeerde bakplate en bak in voorverhitte oond by 180 grade C, 15-20 minute lank tot gaar. Verwyder uit oond en laat afkoel op draadrak.

Variasies

·         Maak holte in rou koekies en skep bietjie appelkooskonfyt daarin. Bak soos bo.

·         Drup gesmelte sjokolade oor vir 'n soeter koekie.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Anderse Pap-en-Wors

600g boerewors                                                           625ml water

200ml gerasperde Cheddarkaas                                 25ml rissie-en-knoffelsous

250ml mieliemeel                                                       sout en peper na smaak

410g tamatie-en-uiesmoor

 

Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met kleefwerende middel.

Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en gaar.

Verwyder en hou eenkant.

Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water in ‘n kastrol en voeg die mieliemeel by wanneer die water kookpunt bereik.

Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanner die pap verdik. Prut tot gaar. Roer ‘n bietjie kaas by.

Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in spiraalvorm, bo-op.

Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous.  Geur na smaak met sout en peper en prut ongeveer 5 minute lank.

Skep daarvan oor die wors en strooi die orige kaas oor. Bak 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam met die orige sous.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Appelliefie Tert

Kors

1 pakkie (200 g) Mariebeskuitjies, fyngedruk             60 ml (1/4 k) botter of margarien, gesmelt

45 ml (3 eetl) kondensmelk

 

Vulsel

1 blik appelliefies                                                         koue water

80 ml (1/3 k) vlapoeier                                                45 ml (3 eetl) botter of margarien

250 ml (1 k) kondensmelk

 

Smeer 'n 23 cm-tertbord met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Meng die krummels, gesmelte botter of margarien en kondensmelk en druk onder en teen die kante van die tertbord vas.

Verkoel tot benodig.

Dreineer die appelliefies, maar behou die stroop. Vul die stroop aan tot 500 ml (2 k) met koue water. Maak die vlapoeier met 'n bietjie van die stroopmengsel aan tot 'n pasta.

Verhit die stroopmengsel tot net onder kookpunt, voeg daarvan by die vlamengsel, roer goed en giet alles terug in die kastrol. Verhit tot kookpunt en laat prut tot verdik en gaar.

Verwyder van die hitte en roer die botter of margarien by. Roer die kondensmelk en appelliefies versigtig by.

Giet in kors en verkoel tot ferm. Geniet met styf geklopte room indien verkies. Lewer 1 medium tert.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Appeltert I

(Dit is 'n ou resep, so daar word nog in koppies (250 ml), eetlepels (15 ml) en teelepels (5 ml) gemeet)

 

1 Koppie Bruismeel                                                      2 eiers

knippie sout                                                                  1 blik tertappels (normale grootte)

1 koppie suiker                                                             2 Eetlepels gesmelte botter

¼ koppie melk

 

Sous

1 klein blik Ideal Milk                                                  1 Teelepel Vanielje Essens

1 koppie suiker

 

Meng suiker, eiers, botter, sout en melk saam.  Sif meel en meng bietjie-bietjie saam in suikermengsel.  Gooi mengsel in bak en skep appels oor mengsel.

Bak in oond 180°C vir ¾ uur. (Na 'n halfuur kan die oondtemperatuur na 150°C verlaag word om te voorkom dat die tert te donker word.)

 

Metode (Sous)

Gooi alles saam in pot en bring tot kookpunt.  Gooi warm sous oor tert sodra tert uit die oond kom.

Die beslag is genoeg vir 'n normale ronde tertbak. Indien 'n kleinerige vierkantige bak (± 20cm x 15cm) gebruik word, moet resep dubbeld aangemaak word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Appeltert II

250 g koekmeel                                                           10 ml bakpoeier

2 ml sout                                                                      60 ml margarien

1 eier, geklits                                                               125 ml afgeroomde melk

10 ml Natreen vloeibare dieet versoeter                    80 ml water

5 ml vanilla geursel                                                     300 g tertappels

 

Sif meel, bakpoeier en sout saam.  Vryf margarien in.

In 'n aparte mengbak, meng die melk, water, eier, versoeter en vanilla geursel. Voeg by droë bestanddele en meng goed.

Spuit 'n tertbord met "Spray & Cook", en skep mengsel in bord.  Rangskik appelskywe bo-op deeg.

Bak 25 minute teen 200°C.  Bedien warm met dieet roomys of ligte vla.

In die plek van appels, gebruik ook ander vrugte.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Asbrood

750 ml bruisbroodmeel                                               25- ml witbroodmeel

10 ml bakpoeier                                                           2.5 ml sout

500 ml karringmelk

 

Meng droë bestsnddele en maak aan met karringmelk. Druk deeg plat (ong 3 cm dik) op 'n groot stuk aluminiumfoelie. Vou dig toe in foelie maar laat ruimte om te rys.

Plaas op half uitgebrande kole en gooi toe met oorblywende kole. Bak ongeveer 45 minute.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Beesstert Broodjie

1 pak (500g) bruismeel                                                1 pakkie beesstertsoppoeier

1 houer (500ml) karringmelk                                      125ml gerasperde kaas

knypie rooipeper

 

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 'n broodpan (20 x 14 x 7cm).

Meng die bruismeel, soppoeier en karringmelk goed saam.

Skep die deeg in die pan en maak dit gelyk.

Strooi die kaas en peper oor en bak 1 uur lank op die middelste oondrak. Keer op 'n draadrak uit en laat afkoel.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Beestong met Mosterdsous

1 kg beestong                                                               1 klein ui

1 klein geelwortel                                                        vars seldery of pietersielietakkies

knippie sout                                                                  4 peperkorrels

2 heel naeltjies                                                            Sous

125 ml suiker                                                               60 ml mosterdpoeier

30 ml koekmeel                                                           250 ml kookwater

250 ml mayonnaise                                                     125 ml witasyn

sap van 1 suurlemoen

 

Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot sag. Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in skywe en pak in 'n oondvaste bak.

Stel oond op 160°C. Vir die sous  Meng die droë bestanddele saam en voeg die res - buiten die broodkrummels - by. Kook stadig deur oor lae hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak 25 - 30 minute.

Wenk  Die gereg vries maklik en kan net voor opdiening teen 'n lae hitte ontdooi word. Sit voor met 'n lekker bros slaai.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Bief-en-Varkwors Kasserol

(4-6 Porsies)

600g stowebeesvleis                                                    150g klein varkworsies

25ml olie                                                                      1 ui

3 selderystingels                                                          1 appel

25g meelblom                                                              250ml biefaftreksel

250ml sider                                                                  6-8 naeltjies

3 suurlemoenblare( of vars lourierblare)                   12,5ml gekapte pietersielie

 

Verwyder vet van vleis en sny in blokkies. Sny worsies in twee.

Verhit olie en braai vleis en worsies bruin. Skil en sny uie in skywe.

Kap seldery, ontkern appel en sny in skywe. Sprinkel meel oor vleis en roer goed. Giet aftreksel en sider oor en voeg seldery, uie, appel, naeltjies, suurlemoenblare en smaakmiddels by.

Plaas in kasserol met deksel en bak 1 1/2uur in oond van 180 grade C tot sag. Garneer met pietersielie.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Bierbroodjie

500 gram bruismeel                                                    1 X Blikkie Bier van jou smaak

Knippie sout.

 

Meng die klomp totdat die deeg van jou vingers af is, sit in die broodpan, laat rys, en bak 40 min op 180 grade.

Die lekker van die resep is dat n mens die deeg kan ooprol en enige iets na jou smaak oor die hele oppervlakte smeer of strooi (viennas en tamatie smeer, spinasie en feta, kaas en knoffel, biltong en jalepeno, ag sommer net wat se smaak ookal in jou kieste opspring.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Blitsige Kerriekos

6 Snye brood                                                                Bietjie olie

1 Groot ui, gekap                                                         250 g (1 pakkie) spek

1 Rooi soetrissie, in blokkies gesny                             300 g (1 blikkie) soutvleis, fyn gemaak

5 ml (1 t) borrie                                                           30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap

45 ml (3 e) blatjang                                                     4 eiers, geskei

125 ml (½ k) melk                                                        250 ml (1 k) cheddar, gerasper

 

Stel oond op 180°C. Verhit olie in pan en sorteer ui tot sag en deurskynend. Voeg spek by en roerbraai tot gaar. Voeg soetrissie by en roerbraai verder.

Verwyder pan van hitte en roer soutvleis, kerrie, borrie, pietersielie en blatjang by.

Plaas 'n laag gesnyde brood in gesmeerde oondbak en skep soutvleis bo-op. Maak bokant gelyk.

Klits melk en eiers en giet oor gereg. Sprinkel gerasperde kaas bo-oor.

Bak 30 min of tot kaas bo-op goudbruin is.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Blitsige Maalvleis-en-Bone Kerrie

(Hierdie resep is 'n staatmaker wanner die finansies soms min is en die gebakte bone redelik goedkoop is.)

1 ui, gekap                                                                   250 - 500 g beesmaalvleis

1 blik gebakte bone in tamatiesous                             kerrie na smaak

sout en peper na smaak                                              olie

 

Soteer die ui in die olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en braai vinnig. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg bone en smaakmiddels by en bring tot kookpunt. Bedien saam met rys en mengelslaai en jou gunsteling 'chutney' (blatjang).

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Blitsvinnige Vrugtekoek

2 pakkies Marie beskuitjies (grof gebreek)                 2 eiers

1 koppie (250ml) sagte bruin suiker                            1 koppie (250ml) botter

3 koppies (750ml) gedroogde vrugtemengsel (fruit mix)

75g glanskersies                                                          2 sopies brandewyn of sjerrie

 

Smelt botter en suiker, moenie kook nie. Voeg vrugte by en kook vir 3 minute. Voeg geklitste eiers by. Roer vinnig na elke byvoegsel en kook vir nog 2 minute.

Voeg Marie beskuitjies, kersies, brandewayn of sjerrie by en roer goed. Roer goed tot alles goed gemeng is.

Plaas in gesmeerde broodpannetjie wat uitgevoer is met waspapier wat ook gesmeer is. Druk mengsel stewig vas en laat afkoel.Keer uit en strooi met versiersuiker voor bediening.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Bobotie in die Mikrogolf

1 ui (geskil & gekap)                                                    30 ml botter

7 ml sout                                                                      2 ml borrie

sap v. 1 suurlemoen                                                     1 kg gemaalde beesbinneboud

150 ml sagte broodkrummels                                     175 ml blatjang

100 ml droë wit wyn                                                    50 ml fyn appelkooskonfyt

100 ml melk                                                                 2 eiers

 

Mikrogolf ui + botter 4 minute oop by 100 % in ronde tertbak. (25 cm deursnee, 6 cm diep) Roer na eerste 2 minute.

Roer kerrie, sout, borrie, en sap by. Voeg vleis by en roer liggies met vurk. Bedek en mikrogolf mengsel 5 min. by 100% krag. Roer goed om los te maak.

Roer broodkrummels, blatjang en wyn by. Bedek en mikro 10 minute by 70% krag. Laat 'n rukkie afkoel.

Smeer fyn appelkooskonfyt bo-oor. Klits melk en eiers en giet bo-oor. Mikro sowt 25 minute oop by 50% krag tot eiermengsel gestol is.

(Mens kan so vinnig dan in die gewone oond naby die rooster (gril) sit om bo-op mooi bruin te bak.)

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Boeliebief skywe

Deeg

400ml koekmeelblom                                                  knippie sout

2ml bakpoeier                                                              110g margarien, gerasper

200ml melk                                                                  1 eiergeel

 

Vulsel

1 blik boeliebief in blokkies gesny (275g)                   30ml mayonnaise

2-5ml mosterdpoeier                                                   bietjie worcestersous

30ml gekapte pietersielie                                            250ml gerasperde Cheddar kaas

 

Voorverhit die oond tot 200C. Spuit ‘n klein broodpan met kleefwerende middel. Sif die droë bestanddele saam en vryf die margarien met jou vingerpunte in tot goed gemeng. Meng die melk en eiergeel saam en meng by. Die deeg sal slapperig wees.

Druk die helfte van die deeg op die bodem van die voorbereide pan vas. Meng die bestanddele vir die vulsel, maar hou eenkant ‘n bietjie gerasperde kaas. Skep bo-oor en maak gelyk.

Versprei die res van die deeg oor die vulsel, sprinkel die oorblywende kaas oor en bak sowat 20 minute lank of totdat die kors gaar is. Dien op met blatjang.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Boere Soetkoekies

15 Koppies meel                                                          3/4 Koppie stroop

15 teelepels bakpoeier                                                6 1/2 Koppies suiker

1 teelepel kaneel                                                         1 teelepel neut

1/2 teelepel naeltjies                                                   1 teelepel gemmer

6 eiers                                                                          1 1/3 pond (660 g) margarien

 

Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by, meng verder met melk tot 'n stywe deeg.

Rol uit en druk af met drukkertjies. Bak in oond 400°F tot ligbruin.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Boontjiesop met Spekblokkies

500g pakkie droë suikerbone, oornag geweek in koue water

250g gerookte spek, in blokkies gesny,                       1 varkpootjie

2.5 liter water                                                              1 groot ui gekap

1 wortel, grof gerasper                                               65g (1blikkie) tamatiepasta

2 lourierblare                                                               6 wonderpeperkorrels

3 kruienaeltjies                                                            ‘n paar gekapte takkies pietersielie

10ml bruinasyn                                                            sout en varsgemaalde swartpeper

2 knoffelhuisies skoongemaak                                     olyfolie

 

Spoel bone af onder koue water en dreineer. Dompel varkpootjie vinnig in kookwater en was goed af. Skep spek in ‘n groot kastrol en braai oor lae hitte tot bros. Skep uit.

Braai vark pootjie in dieselfde kastrol tot bruin alkante. Skep bone by varkpootjie in kastrol en voeg water by. Verhit tot kookpunt, en skep skuim af met gaatjieslepel.

Voeg res van bestanddele tot em met bruinasyn by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en laat stadig prut met deksel op kastrol vir sowat 2½-3ure of tot bone sag is.

Geur na smaak met sout en swartpeper. Verwyder varkpootjie en druk sommige van die bone fyn met ‘n aartappeldrukker. Proe en geur na smaak indien nodig.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Botter Laagkoek

2 k Meelblom                                                               1/2 teel sout

3 eiers                                                                          3 1/2 teel bakpoeier

2 teel Vanielje                                                              1/2 k melk

1/2 k Water                                                                  113 g. botter

1 k suiker.

 

Klits geel van eiers goed. Voeg meel en sout by, dan geursel. Voeg dan melk en botter wat gesmelt is, by. Voeg dan water by as te styf is. Voeg bakpoeier by en dan styfgeklopte eierwit. Bak in oond teen 180 Grade C vir 25 minute.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Braaivleis Broodjie

500ml fyn gerasperde wortels                                    425ml kookwater

30ml olie                                                                      15ml heuning

500ml mieliemeel                                                       2ml rooipeper

5ml sout                                                                       4 ekstra groot eiers, geskei

 

Voorverhit die oond tot 180C en voer twee broodpannetjies se bodem met bakpapier uit. Smeer of spuit die pannetjies. Meng wortel, kookwater, olie en heuning.

Sif mieliemeel, peper en sout saam en voeg by die wortelmengsel.

Klits eiergele en voeg by die mengsel. Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou dit liggies in by die mengsel.

Skep mengsel in pannetjies en bak 45-50 minute.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Bruin Poeding

(Mikrogolf)

1 (2) Koppie Meel                                                        1 (2)Teelepels Koeksoda

1 (2) Kop Suiker                                                            2 (4) Eiers

2 (4) Eetlepels Appelkooskonfyt                                  1 (2) Koppie Melk

1 (2) Eetlepels Asyn                                                     1 (2)Teelepel Sout

 

Meng eiers en melk. Voeg by droë bestanddele en meng goed. Meng koeksoda en asyn, voeg by res. Bak 15 - 18 minute in Mikrogolf

 

Stroop

1 (2) Koppies Suiker                                                     1 (2) Koppies Melk

1 (2) Koppies Kookwater                                              3 (6) Eetlepels Botter

 

Kook saam en gooi oor warm poeding.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Bruintjies

220 g suiker                                                                 150 g bruismeel

3 eiers                                                                          50 g okkerneute, gekap

35 g kakao                                                                    knippie sout

170 g sagte botter (nie gesmelt)

 

Gooi al die bestanddele in 'n bak, meng goed met 'n houtlepel, gooi in gesmeerde bakplaat en bak 22 minute in voorverhitte oond by 190º. Moenie droog bak nie, dit moet nog so effens klam wees in die middel. Sny in blokkies wanneer koud. Kan net so geëet word, of bedien met styfgeklopte room.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Butternut Sop

700 g butternut                                                            1 ui, gekap

2 of 3 aartappels, in blokkies                                       1,25 liter hoenderaftreksel

10 ml gedroogde tarragon (of dragon op afrikaans) opsioneel

sout en peper na smaak                                              125 ml room of melk

 

Braai die ui en voeg die aartappel, butternut en tarragon by. Braai vir 'n klein rukkie. Voeg dan die hoenderaftreksel by en kook tot die groente sag is.

Versap of druk fyn en geur na smaak. Voeg die room of melk by net voor opdiening.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Cremora Tert

(Mishka)

 

3 koppies Cremorapoeier                                            1½ koppies kookwater

1 blikkie kondensmelk                                                 halwe koppie suurlemoensap

1 pakkie Tennisbeskuitjies

 

Meng 3 koppies Cremorapoeier op 1½ koppie kookwater saam. Laat afkoel (sit in vrieskas verkieslik).

Klop met klitser tot styf.  Voeg die kondensmelk by en direk daarna suurlemoensap.

Skep in twee tertborde wat met tennisbeskuitjies uitgepak is.  Krummel van die beskuit wat oor is, oor die tert.

Dit is beter as u 'n vierkantige bak gebruik. Verskillende lekkernye kan bo-oor gesit word.

Ek het hierdie gebruik as 'n nagereg vir 'n braai. Saam met die tert het ek spanspek gegee.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Dadelbrood

2 k meelblom                                                               2 eiers

1/4 lb Botter                                                                1/2 lb dadels

1 k kookwater                                                              sout

1 k suiker                                                                      2 teel koeksoda

1 teel vanielje

 

Gooi kookwater oor botter, suiker, dadels, koeksoda en sout. Laat afkoel. Voeg eiers heel by. Roer meel in. Bak vir 'n uur by 180 Grade C.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Dadelkluitjies van Ouma Tillie

STROOP

500 ml suiker                                                               1 liter water

30 ml (2 eetlepels botter)                                            30 ml (2 eetlepels goue stroop)

2 ml (halwe teelepel) sout                                          

 

KLUITJIES

500 ml koekmeelblom                                                 15 ml (1 eetlepel) koeksoda

2 ml (halwe teelepel) fyn kaneel                                 30 ml (2 eetlepels) botter

125 ml (halwe koppie) fyn gesnipperde dadels          250 ml (1 koppie) melk

 

Meng al die bestanddele vir die stroop saam in 'n stoompot. Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Kook dan vyf minute lank.

Meng koekmeelblom, koeksoda en kaneel saam. Vryf botter in en voeg die dadels by. Meng goed deur. Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word.

Laat stroop weer kook en skep lepels vol van die kluitjiemengsel in die kokende stroop. Verlaag hitte (dit moet baie stadig prut anders kook dit oor) en prut 20 minute lank. Moenie die deksel oplig nie.

Dien op saam met vla, room of roomys. Genoeg vir 6-8 mense.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Deeg Skelmpies

1 1/2 k Meelblom                                                        1/4 teel sout

1 1/2 teel Bakpoeier                                                    peper

1 eier                                                                            1 k Melk

 

Klits eiers en melk goed. Roer stadig by meel, sout en bakpoeier. Doop stukkies hoender of enige koue vleis daarin en bak in warm olie.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Die Allerlekkerste Rosynebrood

1 pakkie Bruismeel                                                      1x250 g pitlose rosyne

1 houertjie karringmelk                                               2 eeteel suiker

2 gelyk teelepels bakpoeier                                         knippie sout

 

Stel oond op 180ºC. Sif droë bestanddele saam, meng suiker saam, gooi rosyne by en voeg die karringmelk by.

Ek skud altyd die kartonnetjie agterna met 'n bietjie melk uit. Meng deeglik met houtlepel. Skep uit in gesmeerde broodpannetjie en bak vir een uur. Keer uit en laat afkoel.

Hierdie broodjie is 'n wenner. Soos met alle kitsbrode, is dit op sy lekkerste op die eerste dag.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Dik Groentesop

(1 groot Kastrol)

½ kg 'Lean' Maalvleis                                                  ½ kg 'Chuck' - blokkies gesny

¾ Pakkie of Boksie 4 in 1 sopmengsel                         1 kop fyn gesnyde seldery

½ kop fyn gesnyde pietersielie                                    1 groot gerasperde ui

2 groot gerasperde aartappels                                    1 groot gerasperde tamatie

1 kg gerasperde wortels                                              sout en peper na smaak.

1 Blikkie boontjies in tamatiesous 'Bakebeans' (Om te verdik)

1 Pakkie groentesoppoeier aangemaak in 1 kop water (Om te verdik)

 

Kook 'chuck', maalvleis, sopmengsel, seldery, pietersielie, uie, tamatie en wortels totdat die vleis sag gekook is. Die vleis kan vooraf ook sag gekook word vir 'n rukkie. Hou die kastrol sowat ¾ vol met water soos jy kook. (Sowat 'n uur tot 'n uur en half)

Gooi gerasperde aartappel by en kook tot sag saam met die res van die sop.

'Mash' die 'bakebeans' fyn en gooi by die res van die sop en ook die soppoeier wat aangemaak is met 1 kop water - kook vir nog so 20 min totdat alles deurgekook is. Gooi sout en peper by na smaak.

Die sop vries ook baie lekker en dit smaak altyd baie lekkerder as dit gevries was - weet nie hoekom nie.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Doodeet Worsgereg

1 ui                                                                               1 soetrissie

25ml sonneblomolie                                                    10ml kerriepoeier

2ml borrie                                                                    500ml kookwater

12,5ml blatjang                                                            5ml sout

knypie peper                                                                500g rou boerewors

410g appelkooshelftes                                                 375ml rou rys

grasuie vir garnering (opsioneel)

 

Skil en kap ui fyn. Halveer en sny die soetrissie aan repies. Soteer uie en soetrissie in olie.

Voeg kerriepoeier en borrie by en roerbraai effens. Voeg kookwater, sout en peper en blatjang by en kook 2 minute lank.

Sny wors in stukkies en pak dit in oondvaste bak.

Skep uiemengsel oor wors en versprei egalig. Versprei appelkoos- helftes oor wors en giet sap ook oor.

Strooi rys bo-oor, plaas deksel op en bak teen 200C, 45 minute lank. Roer liggies om, garneer met uiegras en sit warm voor.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Doodvreet-Lepelskons

Hierdie skons is ware treffers!

4 kop bruismeel                                                           1 teelepels sout

2 teelepels bakpoeier                                                  2 groot eiers

½ koppie olie                                                                2 teelepels wit suiker

1 kop karringmelk - soos benodig om deeg klouerig slap te maak (om te skep in muffin-panne)

 

Meng olie, eiers, melk tot glad. Meng droë bestanddele en suiker. Meng die mengsel by droë mengsel.

Deeg moet slap wees om te skep met lepel, maar nie loperig nie.

Skep 'n groot eetlepel vol in gesmeerde kolwyntjie-pannetjies. Bak by 200º C goudbruin.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Ertjiesop

15 ml sonneblomolie                                                   1 ui (geskil, gekap)

125 g spekvleis (gekap)                                               1 knoffelhuisie (gekneus)

2 ml vars neutmuskaat (gerasper)                              250 g split-ertjies

1,5 Liter groente-aftreksel                                          sout en peper

2,5 ml suiker                                                                150 ml room

vars pietersielie vir garnering (gekap)

 

Verhit olie en soteer ui daarin tot sag en deurskynend. Voeg spekvleis by en braai tot dit begin bros word. Voeg knoffel by en roerbraai vir sowat 1 minuut. Roer neutmuskaat, ertjies en aftreksel by.

Bedek en laat prut vir 1 uur of tot ertjies sag is. Geur na smaak, roer suiker en room by en verhit tot deurwarm. Garneer met pietersielie.

Indien verkies kan 250 g jambon-ham, in blokkies gesny, saam met ertjies bygevoeg word. 

Split-ertjies is geel of groen en het 'n soeterige smaak. Kook saam met uie en wortels en geur met 'n lourieblaar en grof gemaalde sout en peper - 1 1/2 uur vir geweekte en 2-2 1/2 uur vir ongeweekte ertjies. Split-ertemoes is heerlik saam met peperwortel - roomsous en garnale.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Feespap

3 koppies mieliemeel                                                  6 koppies water

1½ teelepel sout                                                          1 bottel biltongsmeerkaas

250ml room                                                                 1 blikkie geroomde sampioene

250g ontbytspek                                                           2 uie

gerasperde kaas

 

Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar.

Snipper en braai spek en uie. Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene. Skep in lae in bakskottel  Pap,dan spekmengsel. Herhaal lae.

Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam met braaivleis.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Frikkadelle

1 kg maalvleis                                                              2 uie, fyngerasper

1 aartappel, fyngerasper                                             4 snye witbroodkrummels

1/4 k Melk                                                                    2 eiers

2 eetl tamatiesous                                                       2 eetl worcestersous

2 eetl bladjang                                                             1 teel sout

bietjie peper                                                                2 teel knoffelsout

2 teel gemengde speserye                                          1 teel kerriepoeier

2 teel Aromat                                                               1 eetl suurlemoensap

 

Meng alles goed. Maak balletjies en bak in kookolie teen 180 Grade C, tot aan albei kante gaar.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Gemmerkoekies

500 g sagte botter                                                       500 ml sagte bruinsuiker

250 ml goue stroop                                                      80 ml gemmerkonfyt, gedreineer fyngekap

1 kg bruismeel                                                             10 ml elk koeksoda en kremetart

5 ml sout                                                                      2 ml gemaalde gemmer

2 eiers, geklits                                                              ekstra koekmeel, indien nodig

 

Stel oond op 180 °C. Klop die botter, bruin-suiker, stroop en konserf saam. Sif die droë bestanddele by die bottermengsel in. Meng goed saam.

Voeg die eiers by en meng saam tot 'n sagte deeg. Neem ekstra meel op die hande as die deeg te onhanteerbaar is. Vorm klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat of rol uit en druk sirkels van verlangde grootte uit. Bak sowat 8 tot 10 minute. Lewer sowat 80 koekies.

Wenk  Let op dat die deeg `loop'. Laat dus genoeg ruimte tussen elke balletjie.  Rol deeg dun uit om 'n heerlike bros koekie te kry.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Gemmerkoekies van Minette

185g margarine                                                           250ml stroop

700g koekmeel                                                            20ml koeksoda

20ml kremetart                                                           60ml gemmer

550g bruinsuiker                                                          5ml sout

3 eiers

 

Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel. Voeg nou die eiers een vir een by die stroopmengsel.

Gooi nou die bruinsuiker bo-oor en meng net tot die mengsel nat is. Sif droё bestandele en voeg by die die stroopmengsel en meng.

Laat staan vir 2 ure, maak balletjies en bak 10 – 12 minute by 180ْ C. Die resep lewer omtrent 13 dosyn.

Ek voeg maar altyd ń bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde. Die is ’n regte outydse harde gemmerkoekie wat lekkerder word soos dit ouer word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Gesmoorde Beesstert

1 beesstert, opgesny                                                    olie vir braai

2 uie, in skywe gesny                                                   2 wortels, geskraap en in kwarte gesny

3 selderystingels, in 5 cm stukke gesny                       15 ml koekmeelblom

500 ml vleisaftreksel                                                   Bouquet garni

sout en peper na smaak

 

Braai vleis in swaar-boomkastrol in vet tot goed bruin aan alle kante. Skep uit en hou eenkant.

Braai uie, wortels en selderye in dieselfde kastrol tot effens bruin. Roer meelblom in, gooi vloeistof by en laat opkook. Geur met kruie en geurmiddels (bouquet garni ).

Skep groentemengsel in vuurvaste kasserolbak, skep vleis op groente, plaas styfpassende deksel op en bak omtrent 1 1/2 tot 2 uur lank in voorverhitte oond van 180 Grade C. of tot vleis sag is.

Verwyder bouquet garni sodra vleis van bene begin afval. Dien baie warm op, saam met stampmielies of rys.

Let wel

As die beesstert baie vet is, is dit goed om die vleis al die vorige dag gaar te maak, te laat afkoel en dan die soliede vet te verwyder. Verhit goed voor opdiening.

Bouquet garni is 'n kruie wat saam in 'n bossie in 'n moeselien-sakkie toegebind en voor opdiening verwyder word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Gesondheids Beskuit

1 kg volkoringmeel                                                      250 ml klapper

200 ml pitlose rosyne                                                  55 ml bakpoeier

500 ml suiker                                                               250 ml sonneblomolie

500 ml koekmeel                                                         500 ml fyngedrukte graanvlokkies

125 ml sonneblomsaad                                                10 ml sout

250 g margarien, gesmelt                                           1 liter kookwater

 

Stel die oond op 180C. Meng al die droë bestanddele, behalwe die suiker saam. Giet die gesmelte margarien in ´n ander mengbak en voeg die suiker, olie en kookwater by. Meng.

Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in 2 gesmeerde broodpanne. Doop ´n mes in warm water en sny die deeg in blokkies.

Bak sowat 1 uur, of tot gaar, in die voorverhitte oond. Laat effens afkoel in die panne. Keer uit, breek in stukke en droog uit.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Geurige Oondgebakte Hoender en Rys

30 ml kookolie                                                             15 ml botter

sout, swartpeper en gemengde kruie                         ongeveer 2 kg hoenderstukke, skoongemaak

1 ui, opgekap                                                               2 huisies knoffel, gekneus

2 soetrissies, rooi en groen, in repe gesny                  250 g sampioene, in skyfies gesny

375 ml rou rys                                                              1 pakkie sampioenroomsop

750 ml warm hoenderaftreksel (meer kan gebruik word, indien verkies)

 

Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit 'n diep oondskottel met kleefwerende kossproei.

Verhit die olie en botter tot warm. Meng die sout, swartpeper en kruie saam en sprinkel oor die hoenderstukke. Verbruin die hoenderstukke in olie-bottermengsel, skep uit en hou eenkant. Braai die ui, knoffel, soetrissierepe en sampioen-skyfies in die orige panvette vir twee minute. (Indien nodig, voeg ekstra olie by.) Voeg die rys by en braai vir 'n verdere twee minute.

Maak die sampioensoppoeier aan met 'n klein bietjie koue water en klits die aftreksel daarby. Skep die rysmengsel en hoenderstukke in die voorbereide oondskottel en giet die warm soppoeier/aftreksel daaroor. Roer liggies deur, bedek met tinfoelie en bak in die voorverhitte oond vir sowat 80 minute tot die hoender en rys sag en gaar is. Pas die geur verder aan, indien nodig.

Roer 'n lekker handvol gekapte pietersielie by net voor opdiening. Sit voor saam met 'n groente van jou keuse.

Genoeg vir sowat ses mense.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Groenboontjie Bredie

750 g skaapnek                                                            15 ml koekmeelblom

15 ml olie                                                                     2 uie, gekap

200 ml vleisaftreksel                                                   7 ml sout

varsgemaalde swartpeper, na smaak                         750 g tot 1 kg groenbone, gekerf

4 aartappels, geskil en in stukke gesny                       15 ml suurlemoensap

 

Verhit olie in swaarboomkastrol, rol vleis in meelblom en braai tot bruin. Voeg uie by en soteer. Voeg warm vleisaftreksel en res van bestanddele by, bedek en prut 1 1/2 tot 2 uur lank of totdat vleis sag is. Indien verkies kan aartappels met 'n vurk fyngedruk word. Lewer ses porsies.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Growwemeelbeskuit

8 x 250 ml Nutty Wheat                                               2 x 250 ml Snowflake koekmeelblom

7,5 ml sout                                                                   1 x 10 g pakkie kitsgis

250 ml suiker                                                               250 g margarien

125 ml gouestroop                                                       750 ml louwarm water

 

Meng droë bestanddele saam en vryf hierna margarien met vingerpunte in. Meng gouestroop en louwarm water en voeg by droë mengsel. Meng tot deeg.

Rol deeg in handpalms tot ewe groot balletjies en plaas in gesmeerde broodpanne. Laat rys tot dubbel die grootte en bak vir een uur teen 180 Grade C.

Keer uit en laat afkoel. Breek op in beskuite en laat oornag in koel oond uitdroog.

Sultanas of rosyne kan by beskuitdeeg gevoeg word voor dit in balletjies gerol word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Heerlike Witbrood

25 g vars gis                                                                 625 ml louwarm water

40 g (50 ml) suiker                                                       1 eier

125 ml kookolie                                                           12,5 ml sout

1 kg witbroodmeel

 

Voorverhit oond tot 200 Grade C.

Krummel gis in water en voeg suiker, eier en olie by. Voeg sout by helfte van meel en voeg by vloeistof.

Werk res geleidelik in om sagte deeg te verkry. Knie vir 10 minute tot glad en elasties. Bedek met plastiek of handdoek en sit op warm plek om tot dubbel die volume te rys. Knie af, verdeel in twee en vorm een helfte tot klein broodjie. Maak snytjies bo-op.

Gebruik die res om rolletjies te maak. Sit brood in gesmeerde pan en rolletjies op gesmeerde bakplaat.

Laat toe om tot dubbel die volume te rys. Bedek rolletjies met enige van die volgende  olyfolie en growwesout, heuning en papawersaad, melk en vars gekapte kruie en/of eierglasuursel en gekapte neute. Bak vir 45 minute tot gaar.

Lewer 1 groot / 2 klein brode, of 12 rolletjies.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Hertzoggies

1 k botter                                                                     3 k meelblom

1/2 t sout                                                                      3/4 k suiker

2 t bakpoeier                                                                1 k klapper

1/2 k fyn suiker                                                            4 eiers

 

Sif meelblom, sout en bakpoeier saam en voeg suiker by. Sny en vryf die botter in. Meng met goedgeklopte eiergele sodat die deeg uitgerol kan word.

Druk af en voer klein vormpies hiermee uit. Plaas in elk 'n bietjie appelkooskonfyt. Klop eierwitte droog, voer klapper en strooisuiker by.

Sit bietjie bo-oor konfyt Bak in warm oond 190 - 205 C (375 - 400 F) tot gaar.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Hoenderlewer met Byt

500g hoenderlewertjies                                               sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

2 knoffelhuisies, gekneus                                             1 ui, gekap

5 ml borrie                                                                   90ml botter

12.5ml kerriepoeier of garam masala                        1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap

410g (1blik) tamaties, gekap                                       1 brandrissie, ontpit en fyngekap

200g bevrore of vars jong ertjies                                vars koljanderblare(dhania) gesnipper

 

Soteer skoongemaakte hoenderlewers in botter in ‘n braaipan sodat dit nog pienk binne is, maar verseël aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit. Hou eenkant.

Braai ui tot sag in panvet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en rissie by.

Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut.

Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper en ‘n bietjie suiker indien verkies.

Sodra sous begin prut, voeg hoenderlewers en bietjie koljanderblare by en laat prut tot deurwarm.

Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Ingelegde Vis

6 – 8 pond vars geelbek of enige ander ander geskikte soort vis

1 baie klein Rissie, fyn gekap                                      12 Naeltjies

6 groot wit Uie                                                             2 eetlepels goeie Blatjang

2 onse Kerrie                                                                Sout

1 teelepel Borrie                                                          2 – 3 pinte goeie Asyn

2 eetlepels Suiker

 

Maak vis skoon en sny in mote. Sprinkel sout oor en bak in warm vet.

Sny uie in ringe en smoor. Meng al die ander bestanddele en kook op in die asyn, voeg ook die gesmoorde uie by om sag te kook.

Sit nou die gebakte vis in in erdekan of iets dergeliks en gooi die gekookte asynmengsel oor.

Let wel – Vis moet goed bedek wees met die asynmengsel.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Jan Smuts-koekies

Hierdie koekies is genoem na genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924 en van 1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika was.  Volgens oorlewering was die koekies destyds baie gewild onder genl. Smuts se aanhangers terwyl hul politieke opponente niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies gebak het. Die resep lewer 4 dosyn koekies.

 

Kors

400 g (750 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom      10 ml bakpoeier

1 ml sout                                                                      250 g botter of margarien, by Kamertemperatuur

200 g (250 ml) suiker                                                   2 eiers, geklits

 

Vulsel

125 g botter of margarien, by kamertemperatuur     125 g (150 ml) suiker

2 eiers, geklits                                                              125 g (225 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom

5 ml bakpoeier                                                             100 ml fyn appelkooskonfyt

 

Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).

Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit met kleefwerende middel.

Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn gekrummel is. Voeg die suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng tot 'n deeg.

Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk sirkels, 8 cm in deursnee, met 'n koekiedrukker uit. Voer die holtes van die kolwyntjie panne met die deegsirkels uit.

Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en meng. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die eiermengsel.

Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol vulsel daarop.

Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.

Keer hulle versigtig op 'n draadrak uit en laat afkoel.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kaapse Kerrie

2 uie, in ringe gesny                                                    15ml vars gemmerwortel, gerasper

1 heel kaneelstok                                                         6 kardomonsade,gekneus(opsioneel)

1kg stoweskaapvleis, in blokkies gesny                       15ml matige kerriepoeier

15ml borrie                                                                  2ml neutmuskaat

1ml rooipeper                                                              20ml suiker

4 knoffelhuisies, fyngedruk                                          1 groen soetrissie, in repe gesny

1 lourierblaar                                                               olie om in te braai

sout en varsgemaalde peper                                       15ml fyn komynsaad(jeera)

5ml fyn koljander                                                         5ml gemengde kruie

410g heel, tamaties,fyn gekap                                    sap van halwe suurlemoen

 

Soteer die ui, knoffel, gemmerwortel en soetrissie saam met die heel speserye in 'n klein bietjie olie in 'n groot kastrol tot sag. Geur die vleisblokkies na smaak met sout en peper en braai bietjie vir bietjie tot bruin. Voeg die res van die geurmiddels buiten die suiker by en roerbraai nog vir sowat een minuut. Voeg die tamaties by. Verlaag die hitte en prut en prut tot die vleis sag en gaar en die sous lekker dik is. (Gooi nog 'n bietjie water of hoenderaftreksel by indien die kerrie droogkook.) Geur met suiker en suurlemoensap asook nog sout en peper indien nodig.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kaas - En - Uiebrood

500 g bruismeel                                                           1 pakkie dik wit uiesoppoeier

5 ml (1 teel) sout                                                         5 ml (1 teel) bakpoeier

150 g gerasperde cheddarkaas                                   1 ekstra groot eier

500 ml (2 k) karringmelk

 

Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n broodpan van 1,5 liter met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Sif die meel, uiesop poeier, sout en bakpoeier saam. Voeg 100 g. van die kaas by en meng goed.

Klits die karringmelk en eier goed saam en voeg by die droë bestanddele. Roer goed.

Skep in voorbereide pan en versprei eweredig. Sprinkel die orige kaas oor en bak 1 uur lank tot gaar of todat 'n toetspen skoon uit die middel van die broodjie kom.

Sit voor met kaas en konfyt.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kaaskoek

Kors

25 Gemmerkoekies OF 1 pakkie tennisbeskuitjies      100 g gesmelte botter

 

Meng koekies en botter en druk in 'n pan met 'n uithaal bodem om korslaag te vorm. Laat afkoel in die yskas.

 

Kaasskoekvulsel

25 ml (5 teelepels) gelatien                                        4 eetlepels water

Bedek gelatien met water en laat staan sodat dit kan "spons"

 

2 houers roomkaas                                                      sap en skil van suurlemoen

5 ml vanielje geursel                                                   3 eiers, geskei

1 koppie strooisuiker                                                   250 ml room

 

Plaas roomkaas in 'n bak en meng.   Voeg die sap en fyngerasperde skil van suurlemoen en vanieljegeursel by.

Meng eiergele met strooisuiker in 'n bak - totdat dit soos room lyk - voeg dan by die kaasmengsel.

Klits die liggies en voeg by die kaasmengsel.

Mikrogolf die gelatien op medium krag vir 2 minute en voeg STADIG by kaasmengsel en meng totdat al die gelatien deeglik in die kaasmengsel gemeng is.

Gooi in pan met kors en laat stol. Versier met vars vrugte en room indien verkies.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kaaskoekies

250 g cheddarkaas                                                       250 g meelblom

1/2 teel peper                                                              250 g botter

1/2 teel sout                                                                 knippie rooi peper

 

Sif die meelblom, sout, peper en rooipeper in 'n mengbak.  Sny die botter in klein stukkies en vryf dit in die gesifte meelmengsel. 

Rasper die kaas nou by die mengsel en vryf goed in.  Die deeg is baie ryk en u sal vind dat dit in 'n plat pan gedruk kan word of in 'n kolwynpannetjie. 

Bak teen 220 Grade C tot ligbruin.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kaasstrooitjies

3 k Meelblom                                                               1 teel sout

250 g (1/2 lb. ) gerasperde cheddarkaas                    250 g (1/2 lb. ) margarien

3 teel Bakpoeier                                                          1/2 teel Rooipeper

 

Rasper kaas. Meng botter, meel en al die ander bestanddele saam. Kaas laaste by.

Maak aan met water of melk tot stywe deeg. Rol dun uit en sny in repe.

Bak teen 230 Grade C tot ligbruin.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kaiingbrood

Die geheim is om die kaiings reg uit te braai, nie almal weet so mooi hoe nie, maar dis hoekom ek nou hier is!

Kaiings kan van die vet van enige slagdier gemaak word. Sny die vet af en maal dit met 'n growwe meul. Verhit in 'n kastrol met 'n bietjie water dat die vet smelt en laat die vet maar lekker uitbraai, dit vorm vanself kaiings. Party mense gooi bietjie melk by, maak glo 'n mooier kaiing. Die kaiings is die stukkies wat op die warm vet ronddryf, skep dit dadelik af en dis reg vir gebruik. Wanneer jy daarmee bak, moet dit eers weer gemaal word, die keer met 'n fyn meul.

 

Die Broodresep

2 teelepels droë gis                                                     2 teelepels suiker

3 koppies lou water                                                     7 koppies broodmeel

2 teelepels sout                                                            3 teelepels sagte varkvet

500g kaiings

 

Los die droë gis en suiker op in 1 koppie van die lou water. Roer 1/2 koppie van die broodmeel by. Bedek en hou warm sodat dit kan gis (een uur).

Sif die meel en die sout saam. Maak 'n holte in die middel en voeg die suurdeegmengsel daarby. Knie nou goed totdat die deeg mooi skoon afkom van die hande.

Voeg die orige lou water geleidelik by terwyl jy knie. Knie die sagte varkvet goed deur en voeg dan die gemaalde kaiings by. Knie baie goed. Bak teen 180 ºC vir 45 tot 60 minute.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kampkerriekos

500g boerewors, in skywe gesny                                 2 knoffelhuisies, gekneus

2 uie gekap                                                                  15ml kookolie

2ml rissiepoeier                                                           15ml kerriepoeier

250ml vleisaftreksel                                                    15ml tamatiepuree

30ml suurlemoensap                                                   5ml sout

2ml vars gemaalde swartpeper                                  3 aartappels, in blokkies gesny

4 piesangs, in skywe gesny

 

Rooster wors tot byna gaar. Hou eenkant warm. Soteer intussen knoffel en ui in verhitte kookolie.

Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens. Voeg verhitte vleisaftreksel, tamatiepuree, suurlemoensap, sout en peper by.

Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute. Voeg piesangs by, meng goed en verhit deeglik.

Sit voor met gebotterde heelgraanbrood.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kaneelbolletjies

50 ml gladde appelkooskonfyt                                     125 ml (1/2 k) margarien

5 ml (1 teel) koeksoda                                                 25 ml (5 teel) kookwater

375 ml (1 1/2 k) koekmeelblom                                  knippie sout

 

Stroop

330 ml witsuiker                                                          500 ml (2 k) kookwater

12 ml (2 1/2 teel) fyn kaneel

 

Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n kleinerige oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei.

Meng konfyt en margarien deeglik. Los koeksoda in kookwater op, voeg by konfytmengsel en meng.

Sif meel en sout by en meng tot 'n deeg. (Dis 'n baie sagte deeg.) Skep teelepelsvol van die mengsel in voorbereide oondbak.

Verhit suiker, kookwater en kaneel oor lae hitte tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt.

Giet warm stroop oor bolletjies en bak ongeveer 25 minute lank. Sit warm voor met roomys.

Genoeg vir 4-6 mense.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Karringmelk Sjokoladekoek

2 k Meelblom                                                               1/2 k botter

1/2 k warm water                                                        2 eiers

1 teel Kremetart                                                          1 teel koeksoda

1 1/2 k Suiker                                                               1/4 k kakao

1/2 - 1 k Karringmelk                                                   2 teel vanielje

Sout

 

Sif droë bestanddele. Klop smeer en suiker tot room. Voeg goed geklitste eiers by en dan kakao gemeng met warm water.

Voeg droë bestanddele om die beurt met melk by.

Voeg vanielje by. Bak vir 20 - 30 minute (of langer ) teen 180 Grade C.  Vir 'n groot koek verdubbel bestanddele.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Karringmelkbeskuit

250 ml suiker                                                               2 eiers

500 ml karringmelk                                                     1 kg Snowflake - bruismeel

5 ml sout                                                                      250 g margarien

 

Verhit oond tot 180 Grade C. Klits eiers en suiker saam tot lig en skuimerig. Voeg karringmelk by.

Sif meel en sout in groot mengbak en vryf botter in met vingerpunte. Voeg karringmelk by en meng tot deeg.

Rol deeg in handpalms in balletjies. Rol balletjies ewe groot omtrent die grootte van 'n eier. Plaas balletjies dig teenmekaar in gesmeerde broodpanne. Bak vir 50 - 60 minute.

Laat effens afkoel en keer uit. Laat dan heeltemal afkoel.

Breek beskuite oop en laat oornag op draadrak in oondlaai of in koel oond uitdroog.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kerrie Botterpampoen Sop

1 kg botterpampoen, geskil en in blokkies gesny        1 liter hoenderaftreksel

30g botter                                                                    1 fyngekapte groot ui

2 koppies opgesnyde knopiesampioene                      1 eetlepel matige tot medium kerriepoeier

20ml koekmeelblom                                                    2 teelepels sagte bruinsuiker

Knippie borrie                                                              1 maat brandewyn

150g natuurlike joghurt

 

Stowe botterpampoen in hoenderaftreksel tot gaar. Smelt botter in 'n pan en braai die ui en sampioen daarin to sag.

Voeg meel en kerriepoeier by die ui-mengsel en roer oor lae hitte vir ongeveer 4 minute.

Voeg die ui-mengsel by die botterpampoen en bring sagkens tot kook.

Purée as jy 'n gladde sop wil hê. Voeg sout, swartpeper en bruinsuiker by.

Roer die joghurt en brandwyn by, maar moenie laat kook nie. Bedien warm. (Genoeg vir 4 - 6)

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kerriesouttert

Kors

250 g margarien                                                          1 teel bakpoeier

2 k meelblom                                                               1/2 k kookwater

 

Gooi kookwater oor margarien. Laat afkoel en roer meel en bakpoeier in. Meng deeglik en bêre in koelkas tot nodig.

 

Vulsel

500 g maalvleis                                                            1 groot ui, gerasper

2 aartappels, gerasper                                                sout en peper

 

Kook al die bestanddele vir 10 minute. Meng 1 eetl kerrie, 1 eeteel klapper en 1 eeteel bladjang. Voeg by kokende vleismengsel. Vul ongebakte kors en bak 20 minute in warm oond.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Klapperkoekies

360 g (750 ml) koekmeelblom                                    240 g (300 ml) suiker

80 g (250 ml) klapper                                                  2 ml sout

250 g / ml Botter                                                         5 ml koeksoda

5 ml Appelkooskonfyt

 

Voorverhit die oond tot 180 Grade C. Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter met vingerpunte in.

Meng die koeksoda en appelkooskonfyt saam en sny in droë bestanddele in. Indien nodig, voeg 'n klein bietjie melk by om stywe deeg te vorm.

Vorm balletjies en plaas dit op 'n bakplaat. Druk dit met 'n vurk plat en versier met rooi en groen glanskersies.

Bak vir ongeveer 10 minute tot ligbruin. Lewer ongeveer 4 dosyn koekies.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kluitjiesop

2 pond Beesvleis                                                          4 – 6 pinte koue Water

2 blaartjies Foelie                                                        6 Naeltjies

1 bossie Suring

Omtrent ½ - ¾ pond Meelblom vir die maak van die kluitjies, asook 1 eetlepel sagte vet en ‘n weinig droë tiemie. Sout na smaak

 

Sny die vleis in stukkies, sit op in die koue water, voeg nou al die ander bestanddele by, behalwe die kluitjies, laat goed kook omtrent 3 – 4 uur lank. ‘n Gesmoorde ui kan ook bygevoeg word.

Meng nou die meelblom met die tiemie en sout na smaak, maak ‘n holte in die middel en gooi die vet daarin. Skep nou van die kokende vloeistof uit die soeppot en maak die kluitjies daarmee aan. Kluitjies moet ‘n “slap deeg” wees. So vinnig as moontlik moet nou gewerk word. Vorm kluitjies met twee teelepeltjies en gooi dadelik in die soep. Maak teelepeltjies af en toe nat in die kokende soep. Sodra kluitjies opkom, is hulle gaar en moet soep dadelik opgedis en bedien word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Knoffelring

Knoffelsous

180 ml (¾ k) Botter, gesmelt                                       25ml (5 t) vars gekapte pietersielie

3 knoffelhuisies fyngedruk of 1 ½ t voorbereide knoffel

10 ml (2 t) gemengde droeë kruie

 

Brood

2 ekstra groot eiers                                                     25ml (5 t) olie

500 ml (2 k) louwarm water                                        60ml (¼ k ) suiker

1 pakkie (10gr) kits-droeë gis                                      1 knoffelhuisie fyngedruk

Knippie gemmer                                                          Knippie sout

5 x 250ml (5k) Koekmeelblom

 

Voorverhit die oond tot 190° C (375° F).  Bespuit pan met kleefwerende kossproei van 23cm deursnee.

Meng al die bestanddele vir die knoffelsous in `n kastol tot margarine gesmelt is en hou eenkant.

Klits die eiers, olie, water en suiker saam.

Meng die res van die droeë bestanddele in `n groot mengbak Voeg nou die watermengsel by en meng tot `n sagte deeg Knie die deeg vir 10 minute lank tot glad en elasties Bedek met bespuite kleefplastiek en laat rys tot dubbel die grootte (1 uur).

Verdeel die deeg in twee ne rol 12 ewe groot bolle van elke deel. Rol al die bolletjies in die knoffelsous en pak in voorbereide pan. Gooi die res van die knoffelsous bo-oor. Bak omtrent 36-40 minute tot gaar of mooi bruin bo-op Dien louwarm op saam braaivleis.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Koffiekoekies

8 Koppies meelblom                                                    1 pond (500 g) maizena

1 ons (30 g)koeksoda                                                   1 Koppie stroop

1 1/2 pond margarien                                                 2 Koppies suiker

4 eetlepels koffie essence                                           1/2 teelepel sout

Melk indien nodig.

 

Meng botter, suiker, stroop. Voeg koffie essence by. Meng koeksoda met bietjie melk.

Voeg by mengsel. Voeg droë bestanddele by en maak aan tot stywe deeg.

Druk deur koekie masjien en bak in warm oond 400 F. Sit 2 - 2 opmekaar met konfyt.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kondensmelkkoekies I

12 Koppies meel                                                          4 eiers

1 pak cream of tartar                                                  1 pak koeksoda

2 eetlepe1s stroop                                                       1 blik kondensmelk

2 pond (1 kg )margarien                                              3 Koppies suiker

1 Koppie klapper

 

Meng Suiker en botter tot room. Voeg eiers een vir een by. Voeg stroop en melk by. Laaste word meel koeksoda, klapper en cream of tartar bygevoeg. Meng,druk uit en bak in oond 400 F tot gaar.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kondensmelkkoekies II

685 g Meelblom                                                          455 g botter

4 teel Bakpoeier                                                          1 blik kondensmelk

1 teel Suurlemoengeursel                                           1 k strooisuiker

Sout

 

Room botter en suiker en voeg kondensmelk by en meng goed. Sif meelblom, bakpoeier en sout en voeg by botter mengsel.

Smeer pan en skep teelepelsvol in pan en bak teen 190 Grade C vir ± 12 minute.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Konfyttertjies

190 ml (3/4 k) suiker                                                   125 ml (1/2 k) margarien

2 eiers                                                                          500 ml (2 k) meelblom

10 ml (2 teel) bakpoeier                                              2 ml vanielje

 

Stel die oond op 180 Grade C. Room die suiker en margarien saam. Voeg die eiers by en klits goed todat mengsel liggeel en skuimerig is.

Voeg die meelblom, bakpoeier en 'n paar druppels vanielje by. Rol deeg in klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat - ongeveer 5 cm.uit mekaar.

Maak 'n klein holte in die middel van die deeg en drup 'n klein bietjie konfyt daarin. Bak in 'n matige oond tot ligbruin.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Korentekoekies

Nog 'n resep wat dateer uit 'n 1914 resepteboek

130 g botter                                                                 400 g suiker (500 ml)

4 eiers (geskei)                                                            375 ml melk

2 ml koeksoda                                                              480 g koekmeelblom (4 x 250 ml)

150 g korente (250 ml)                                                5 ml kremetart

 

Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir een by terwyl voortdurend geklits word. Meng melk en koeksoda en voeg beurtelings met meelblom by bottermengsel. Roer korente daarby in.

Klits eierwitte en kremetart saam tot styf en vou liggies by mengsel. Skep in gesmeerde

kolwyntjiepanne en bak in voorverhitte oond by 200 grade C. 20-25 minute lank tot gaar.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Korslose Kaastert

15ml botter of margarien                                           6 eiers, geklits

125ml gerasperde Cheddarkaas                                 2 tamaties, geskil en grof gekap

5ml sout                                                                       1ml varsgemaalde swartpeper

12.5ml vars gekapte pietersielie                                 1 spekvleisrepie, swoerd verwyder & gekap

 

Voorverhit die oond tot 180C. Verhit die botter of margarien in ‘n swaarboombraaipan.

Meng die res van die bestanddele en voeg dit by die gesmelte botter of margarien. Meng alles goed saam.

Gooi die mengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel en bak dit 35-40 minute lank op die middelste oondrak totdat dit ferm is.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Krummelpap Verrassing

4 x 250ml krummelpap                                               500ml bruinbroodkrummels

5ml sout                                                                       250g botter

500g bladspek                                                              500ml melk

8 eiers, geskei                                                              285g blik geroomde sampioene

285g blik gesnipperde sampioene, gedreineer           500ml Chedderkaas, gerasper

170g blikkie ingedampte melk

 

Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondskottel. Meng die krummelpap, brood krummels en sout, voeg die gesmelte botter by en meng goed. Braai die spek bros en krummel dit.

Hou 'n bietjie van die spek vir garnering en voeg die res van die spek by die krummelpapmengsel.

Klits die melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en 350ml van die kaas by die mengsel.

Skep dit in die oondskottel uit en bak dit vir ongeveer 'n uur lank.

Sprinkel die res van die kaas en spek bo-oor en gooi die ingedampte melk oor. Plaas die gereg vir ongeveer 5 tot 10 minute terug in die oond.

Bedien saam met braaivleis.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Lekker Soetkoekies

2 Koppies klapper                                                        3/4 pakkie cream of tartar

1/4 pond gesnipperde kersies                                     1 eetlepel goue stroop

14 Koppies meel                                                          3 Koppies suiker

1 3/4 Koppie botter                                                      knippie sout

1 blik gekondenseerde melk                                        6 eiers

1 pakkie koeksoda                                                       

 

Maak koeksoda en cream of tartar met een eetlepel asyn aan

Meng meel, suiker en sout saam. Meng gekondenseerde melk, goue stroop, koeksoda mengsel, asook geklitste eiers saam.

Voeg nou alles bymekaar en werk sagte botter met hande deur mekaar.

Rol uit, druk af en bak (moenie gesmelte botter gebruik nie).

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Lensiesop

1 pakkie bruin lensies

2 pk sopgroente (wat mens in die groentewinkels kry)

1-2 pk sopbene (maw 2-4 sopbene na gelang van wat jou beursie sê)

2-4 aartappels (die soort wat maklik blus, waarvan mens kapokaartappels maak)

geurmiddels

 

Gooi die vleis en sopbene in 'n 5 liter kastrol wat driekwart met water gevul is. Plaas op die stoof en laat solank vinnig kook terwyl die groente gekerf word. Ek rasper sommer alles wat gerasper kan word op die growwe kant van die rasper. Die res kerf ek fyn - met die hand of voedselverwerker.

Moenie te veel rape ingooi nie. Ek vind dit maak die sop efffens bitter. Sodra die groente klaar gekerf is, gooi ek dit by die res in die pot en laat stadig kook. Soms hou ek die aartappels uit tot so 20 minute voor ek dit opskep om te keer dat die aartappels heeltemal fyn kook.

Vul maar nou en dan aan met water indien nodig. Gooi sout, peper, Aromat, Worcestersous, tamatiesous of -pasta na smaak by. 'n Tritseltjie blatjang is ook nie onvanpas nie - pasop vir te veel anders gee dit die sop 'n soeterige geurtjie.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Lewer Bobotie met Appel

1 dik sny bruinbrood                                                    500g skaap of beeslewer

1 ui, fyngekap                                                              1 groot groen appel, geskil en in blokkies gesny

5 ml borrie                                                                   30ml fyn appelkooskonfyt

2 ekstra groot eiers, geklits                                         2 lourierblare

125ml melk                                                                  sout en peper

2 knoffelhuisies, fyngedruk                                          15 ml matige kerriepoeier

30ml blatjang                                                               30 ml suurlemoensap

250ml melk

 

Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n oondvaste bak van 24x24x5cm met kleefwerende middel.

Week die brood in die melk sag en maak fyn. Maak die lewer skoon. Trek die vliese af en sny enige harde senings uit.

Indien jy beeslewer gebruik, laat 30 minute lank in lou sout water lê. Sny in blokkies en geur met sout en peper. Braai in verhitte olie tot bruin van buite. Skep uit en hou eenkant.

Soteer die ui en knoffel tot sag en voeg die appel, kerrie en borrie by en roerbraai nog een minuut lank. Voeg die blatjang, appelkooskonfyt en suurlemoensap by en meng. Voeg die gebraaide lewer by en meng goed deur.

Skep in die voorbereide oondbak. Klits die eiers en melk goed saam en giet bo-oor. Rangskik die lourierblare bo-op. Bak 30-45 minute lank of tot gaar en gestol. Dien dadelik op saam met gestoofde perskes en rys.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Lewer en perske-broodjie

250 g ontbytspek                                                          1 ui, gekap

20 g botter                                                                   250 g hoenderlewers

250 g gemaalde beesvleis                                           sout en peper na smaak

410 g perskeskywe, gedreineer                                   50 g vars broodkrummels

20 ml fyn gekapte pietersielie                                     1 eier, geklits

4 ontbeende hoenderborshelftes

 

Voorverhit die oond tot 180º C en smeer ‘n broodpannetjie en voer dit uit met die spekvleis, hou die wat oorbly. Braai die ui in die botter tot sag en laat afkoel.

Meng die hoenderlewers en oorblywende spek met die ui en maal dit saam in ‘n voedselverwerker. Voeg die maalvleis by en geur met die sout en peper.

Kap die perskeskywe in stukkies en voeg dit by die maalvleismengsel.

Voeg ook die broodkrummels, pietersielie en eier by.

Meng alles saam met ‘n groot vurk. Skep die helfte van die vleismengsel in die bereide pan.

Sny die hoendervleis in stukkies en plaas dit bo-oor die vleismengsel.

Skep die oorblywende vleismengsel bo-op.

Bak die broodjie 1 uur lank of tot gaar. Laat afkoel en plaas liefs ‘n rukkie in die vrieskas voor dit gesny word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Lewer in Netvet (Skilpad)

Netvet                                                                          Skaaplewer

1 ui                                                                               1 sny brood

Kruinaeltjies                                                                 neutmuskaat

Sout en peper

 

Laat lê die netvet in sterk warm water voor jy die lewer daarin sit, anders kraak dit. Vir elke 1 skaaplewer benodig mens omtrent 1½ netvet as jy dit in klein porsies gaan oprol om oor die kole te braai.

Maal die lewer met die ui, 'n sny brood, speserye, sout en peper.

Sny die netvet in 6 cm stukkies. Skep dessertlepelsvol van die gegeurde lewer daarop.

Vou die netvet toe om die lewer. Meeste van die vet braai weg en net die lekkerte bly oor.

Braai oor 'n stadige vuur of in 'n swaarboompot.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Lewerkoekies

500g skaaplewer                                                          4 middelslag aartappels

250ml gesnyde groenboontjies                                   2 spinasieblare

1 middelslag tamatie                                                   1 ui

1 sny brood                                                                  3 eiers

180ml ongesif afgemeet meelblom                            15ml bakpoeier

10ml sout                                                                     1ml peper

kookolie vir vlak braai

 

Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke. Maal die lewer beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui. Maal die brood laaste (sodat dit terselfdertyd die meul skoonmaak.)

Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed.

Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel in vlak warm kookolie en braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot gaar en bruin.

Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud voor. Hierdie koekies vries goed.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Melksnysels

120g koekmeelblom (250ml)                                      2 ml bakpoeier

1ml sout                                                                       melk om mee aan te maak tot stywe deeg

ekstra meel om bo-op te strooi                                   2 liter melk

3 eiers (geskei)                                                            50ml suiker

2ml kaneel

 

Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en plaas in 'n voedselverwerker. Voeg melk bietjiesgewys by om 'n stywe deeg te verkry. Wanneer goed vermeng, haal uit die voedselverwerker en rol uit op meel bestrooide oppervlak. Strooi meel bo-op en rol styf op. Sny rol in dun repies en plaas eenkant.

Gooi melk in dikboomkastrol en laat kook. Roer snysels in sonder om meel af te skud. Klits eiergele, suiker en kaneel saam en voeg bietjie van melkmengsel daarby. Roer dan versigtig by kokende melkmengsel. Laat stadig kook tot snysels gaar en melkmengsel dik is. Roer styfgeklopte eierwitte net voor bediening in. Bedien warm.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Mieliebrood

1 k meelblom                                                               1 blik geroomde soort suikermielies

3 eiers                                                                          1/2 k suiker

1 k mieliemeel (fyn )                                                   3 teel bakpoeier

Sout

 

Klit eiers en voeg die res van bestanddele by. Gooi in gesmeerde broodpan. Kook 'n bietjie water in 'n groot kastrol en plaas die broodpan daarin.

Laat dit vinnig stoom in die toe kastrol vir + - 20 minute. 

As die water wegkook, kan dit na 10 minute weer aangevul word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Mokka-Sjokolade-Splinter-Soufflé

45 ml botter                                                                 45 ml koekmeelblom

310 ml melk                                                                 175 g melksjokolade, fyn gekap

180 ml water                                                               160 ml suiker

30 ml koffiepoeier van goeie gehalte                         5 ml vanieljegeursel

5 eiergele                                                                     125 ml sjokoladesplinters

7 eierwitte                                                                   1 ml kremetart

 

Voorverhit die oond tot 200 grade.  Smeer agt 'ramekins' met botter en bestrooi met strooisuiker.  Skud oortollige suiker uit.

Smelt botter in ‘n middelslagkastrol en roer koekmeelblom by.  Roer vir sowat twee minute en verwyder van plaat.  Roer melk geleidelik by en roer met ‘n draadklitser.  Plaas terug op plaat en roer tot sous kook en verdik.  Laat verder vir sowat 1 minuut prut. 

Verwyder van hitte en roer sjokolade by tot glad.  Voeg water, 80ml van suiker, koffiepoeier en vanieljegeursel by en roer tot gemeng.  Laat afkoel tot kamertemperatuur.

Klits eiergele een-een by en roer sjokoladesplinters by.  Klits eierwitte tot skuimerig en voeg kremetart by.  Klits tot sagte punte vorm en voeg oorblywende 80 ml suiker geleidelik by.  Klits tot styf, maar nie droog nie en vou ‘n kwart van eierwitte in soufflébasis.  Vou nou oorblywende eierwitte in met ‘n groot metaallepel in ‘n syfer-agt-figuur. 

Verdeel soufflémengsel tussen 'ramekins' en bak vir sowat 25 minute tot opgepof, bruin en ferm.  Dien onmiddellik op met geklopte room.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Mosbolletjiebrood

(genoeg vir 30 stukkies van 50 g elk)

1 kg koekmeelblom                                                     10 ml sout

40 g (4 pakkies) kits droë gis                                       10 ml suiker

20 g anyssaad                                                              60 g botter in klein blokkies gesny

600 ml warm melk                                                      1 eiergeel, liggies geroer

 

Smeer 3 klein broodpannetjies met botter. Sif meel, sout, gis en suiker saam in 'n mengbak en voeg dan anyssaad by. Meng die botter en die warm melk, voeg dit by die droë bestanddele en meng tot 'n ferm deeg.

Keer uit op 'n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie tot 'n sagte nie-klewerige deeg wat glad en elasties is. Plaas in 'n bak wat liggies met olie gesmeer is en verseël met plastiek (smeer ook met olie) en hou eenkant op 'n warm plek totdat die volume verdubbel het.

Druk die deeg plat, knie liggies en vorm balletjies van 50 gram. Plaas in 'n broodpan maar laat ruimte aan die kante. Sit in 'n warm treklose vertrek en laat staan vir sowat 30 minute totdat die deeg tot by die bokant van diie pan gerys het.

Verhit die oond tot 180 grade C. Bestryk die brood met eiergeel, bak vir 15 minute en verlaag dan die hitte tot 160 C. Bak vir nog 30 minute tot gaar. Keer op 'n draadrak uit en laat afkoel.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Naweekkoekies

125 g botter of margarien                                           80 ml (1/3 k) suiker

1 ekstra-groot eier                                                       250 ml (1 k) bruismeel

180 ml (3/4 k) korente                                                 500 ml (2 k) Rice Krispies of graanvlokkies

Liggies fyngedruk

 

Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n paar bakplate. Verroom die botter of margarien en suiker goed tot lig en romerig. Voeg eier by en klits goed. Sif bruismeel oor bottermengsel en voeg korente by. Roer liggies. Voeg Rice Krispies of graanvlokkies by. Vorm bolletjies en pak op bakplate. (Laat ruimte toe, want die koekies sprei effens ) Bak 10 - 15 minute tot gaar. Lewer 45 koekies.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Neutebrood

2 k meelblom                                                               4 teel bakpoeier

1 teel sout                                                                    1/2 k suiker

4 eeteel botter of margarien                                      1 eier

1 k melk                                                                       1 kop gekapte okkerneute

 

Sif droë bestanddele saam en voeg suiker daarby. Vryf botter met vingerpunte daarin.

Klits die eiers goed, en voeg dit by die melk. Roer dit geleidelik by die droë mengsel om 'n sagte deeg te vorm.

Voeg die okkerneut by en gooi in 'n gesmeerde pan wat met gesmeerde papier

uitgevoer is.

Laat 30 minute staan en bak vir 40 - 50 minute in 'n matige oond.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Ouderwetse Lampastei

4 pond Lamsvleis (rugstring is heerlik)                       1 glas Wit Wyn

2 wit Uie (in ringe gesny)                                            2 hardgekookte eiers en 1 rou eier

1 eetlepel Sago                                                            1 blaartjie Foelie

2 onse Botter                                                               ‘n Paar skyfies Ham

Sap van 1 Suurlemoen                                                 ‘n Bietjie Wonderpeper

Sout en Peper na smaak

 

Sny vleis in netjiese stukkies, smoor die uie in die botter, voeg nou al die bestanddele by, behalwe die eiers, sago en suurlemoensap.

Stowe nou die vleis tot dit heerlik sag is. Voeg nou 1 eetlepel sago en ‘n goeie klont botter by; roer tot die sago gaar is.

Klits geel van eiers goed op, klits bietjie water by en dan die suurlemoensap, voeg by die vleis. Gooi nou die mengsel in ‘n pasteiskottel. Sny hardgekookte eiers in skyfies en sit op die mengsel. Gebruik skolferkors vir die kors van die pastei en smeer oor met wit van eier. Bak.

Let Wel:  (1) Lamsvleis en hoender kan saam gebruik word.  (2) Hoender kan ook alleen vir die pastei gebruik word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Outydse Bonesop

2 pond Beesvleis                                                          1 Blaartjie Foelie

¼ pond Varkspek                                                          1 Bossie Suring

1 pond Witbone                                                           Omtrent 3 kwarte koue water

1 Ui                                                                               Sout en peper na smaak

1 Bossie Pietersielie

 

Bone word oornag in koue water geweek. Sny vleis in mooi stukkies, maar nie die spek nie. Sny ui in ringe en smoor in botter.

Kap suring en pietersielie fyn. Kook nou al die bestanddele goed tesame omtrent 3 – 4 uur. Roer af en toe. Indien nodig voeg meer water by.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Pannekoek

1 k meelblom                                                               1 teel bakpoeier

knippie sout                                                                  2 eiers

1/4 k kookolie                                                              1 1/2 k water

 

Meng alles goed.  Laat staan 'n bietjie.  Bak in baie min olie.  Strooi kaneel en suiker oor.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Paul Krugerkoek

500 g botter                                                                 625 ml bruinsuiker

10 eiers, geskei                                                            750 g koekmeel

5 ml koeksoda                                                              5 ml sout

5 ml kaneel                                                                  8 ml foelie

5 ml fyn naeltjies                                                         5 ml gemengde speserye

300 ml brandewyn                                                       2 ml amandelgeursel

500 g korente                                                               250 g gemengde skil, gesnipper

 

Klop botter en suiker tot lig en romerig.  Voeg eiergele een vir een by en meng goed na elke byvoeging.
Sif droë bestanddele saam.  Voeg geursel by die brandewyn.  Voeg droë bestanddele om die beurt met brandewynmengsel by bottermengsel. Skud korente en gemengde skil saam met 'n bietjie  koekmeel in 'n sakkie. Voeg by mengsel. Meng goed.

Klits die eierwitte styf en vou in. Gooi in goedgesmeerde uitgevoerde pan.  Sprinkel bietjie melk bo-op om barste te voorkom.

Bak 2½ uur by 180ºC. Plaas bruin papier bo-op koek nadat dit 1 uur lank gebak het.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Raap-en-Skraap

(Dis nou my soort kos, dié)

4 dik snye brood (wit) korsies afgesny                        500ml kookmelk

1 blik geroomde suikermielies van 410g                    3 eiers geklits

1 blik weense worsies van 375g gedreineer en fyngesny of koue ham - 2 koppies fyngesny

5ml mosterdpoeier                                                      sout en peper na smaak

15ml gerasperde ui                                                     25ml fyngekapde pietersielie

100g (250ml) gerasperde kaas

 

Stel oond op180°C (350°F). Week brood in kookmelk en roer fyn met vurk. Roer res van bestanddele behalwe helfte van kaas bo-oor en bak 40 minute. Dun skyfies tomatie kan bo-op kaas geplaas word en dan met aromat gegeur word voordat dit in die oond geplaas word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Roosterkoek

(Heerlik met braaivleis)

2 k meelblom                                                               1 teel koeksoda

2 onse botter                                                                1/2 teel kremetart

1/2 teel sout                                                                 Dikmelk

 

Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarin. Meng met melk tot 'n sagte rolbare deeg. Rol 'n halfduim dik uit en sny in reghoeke. Plaas op 'n gesmeerde plaat of rooster oor kole. Bedien warm met botter.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Rugby Tert

1 1/2 k meelblom                                                        1 eier

1 k melk                                                                       knippie sout

1 k suiker                                                                      3 eetl botter

2 teel bakpoeier                                                           ½ koppie gesmelte botter

Marmite                                                                       1 koppie gerasperde cheddar kaas

 

Room botter en suiker en voeg eiers een vir een by. Sif droë bestanddele saam. Voeg melk en droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel. Smeer 'n lang pyrexbak en plaas deegmengsel in. Bak in oond teen 180 Grade C.

Wanneer gaar druk gaatjies met 'n vurk en gooi 'n gesmelte botter oor. Smeer marmite dun oor en rasper 'n lagie cheddar kaas oor.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Ryspap

1 liter water                                                                 500 ml (2 k) gaar rys

5 ml (1 t) sout                                                              450 ml mieliemeel

60 ml (1/4 k) botter of magarien

 

Verhit die water, rys en sout saam tot kookpunt. Laat dit stadig prut en roer die mieliemeel geleidelik by -dit vorm 'n slap pap.

Laat dit 20 minute lank stadig oor lae hitte prut tot deurgekook en gaar. Roer die botter of magarien in en bedien warm saam met pangebraaide wors en warm tamatie-smoor. Genoeg vir 5 - 6 mense.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Sardyne met Geelrys

500ml rou rys                                                               10ml borrie

Sout en peper                                                               1ui, in ringe gesny

5ml fyngedrukte knoffel                                              10ml fyngerasperde vars gemmer

1 groen soetrissie, in blokkies gesny olie                    1 tamatie, ontvel en in blokkies gesny

250ml bevrore ertjies                                                  1 groot aartappel, geskil & in blokkies gesny

425g (1blik)sardyne in brandrissiesous

 

Kook die rys saam met die borrie en sout in genoeg water tot sag. Dreineer en hou eenkant warm.

Soteer die ui, knoffel, gemmer en soetrissie in 'n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie en die aartappelblokkies by en prut tot die aartappel sag en gaar is.

Voeg die ertjies en die sardyne asook die rissiesous by en prut tot goed warm.

Skep die rys in 'n opdienbord en skep die vismengsel oor. Dien op met 'n sambal van gekapte tamatie, komkommer, gesnyde groen brandrissie en 'n bietjie suurlemoensap.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Semel Piesangbrood

90 g botter                                                                   160 g sagte bruinsuiker

5 ml suurlemoensap                                                    1 eier

250 ml fyngemaakte piesangs                                     100 ml melk

190 g koekmeelblom                                                   15 g spysverteringsemels

7 ml bakpoeier                                                             5 ml koeksoda

2 ml sout                                                                      50 ml rosyntjies

50 ml gekapte neute

 

Verroom die botter en bruinsuiker. Voeg die suurlemoensap en eier by en meng goed.

Voeg die res van die bestanddele by en roer tot gemeng.

Skep die deeg in ‘n mikrogolfvaste bak wat met kombuispapier uitgevoer is. Plaas die pan op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolf.

Mikrogolf dit 10 minute by 90% krag. Laat staan 10 minute.

Keer die brood uit en verwyder die papier. Laat heeltemal afkoel.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Skuinskoek

2,5 kg Snowflake koekmeelblom                                 10 ml sout

15 ml droë gis                                                              1 liter louwarm water

250 g botter of margarien                                           15 ml anys

750 ml suiker

 

Sif die meel en sout saam  Los die gis op in 'n bietjie van die lou water.

Voeg die res van die water by asook 6 koppies van die meel en maak aan tot 'n slap deeg.

Bedek en laat rys op 'n warm plek vir 2 ure of totdat die deeg in volume verdubbel het.

Vryf die botter in die res van die meel. Voeg anys en suiker by, meng goed en knie die suurdeegmengsel hierby in. Indien nodig kan 'n ekstra bietjie louwarm water bygevoeg word om 'n lekker sagte deeg wat maklik hanteer, te verkry. Bedek en laat op 'n warm plek rys totdat die deeg in volume verdubbel het.

Knie deeg goed af. Knyp stukkies deeg af en rol dit soos wors uit en sny skuins skywe van 50 mm lank af.

Skep dit in warm diepvet en braai goudbruin. Draai om en braai ook die ander kant totdat dit goudbruin is. Dreineer op kombuis- of bruinpapier.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Sosatie Marinade

[Eileen]

 125 ml rooibostee                                                       5  uie in skywe gesny
375  ml droë witwyn                                                     25 ml sterk kerriepoeier
15 ml suurlemoensap                                                  50 ml fyn appelkooskonfyt
5 ml bruinsuiker                                                           2 ml sout
5 ml borrie

 

Meng al die bestanddele.  Verhit dit tot kookpunt.  Laat dit effens afkoel voordat die vleis daarin gemarineer word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Souserige Beesstert

2 kg beesstert (in porsies gesny)                                 paprika

koekmeelblom                                                             50g swoerdlose spekvleis (in blokkies)

2 groot uie (gekap)                                                      2 knoffelhuisies (gekneus)

60ml tamatiepasta                                                      10ml roosmaryn

500ml droë rooiwyn                                                    410g heel tamaties

250ml vleisaftreksel                                                    sout

vars gemaalde swartpeper

 

Rol beesstert in mengsel van paprika en meelblom. Braai spekvleis in eie vet. Verwyder uit pot en hou eenkant.

Giet olie in pot indien nodig en braai beesstert in klompies tot goudbruin. Hou eenkant. Soteer uie in dieselfde pot tot sag en voeg knoffel by.

Roer tamatiepasta en roos maryn by en voeg wyn by. Verhit tot kookpunt en skraap boom om deeltjies wat vassit, los te maak.

Voeg tamaties en aftreksel by vloeistof en voeg beesstert en spekvleis by. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte en plaas deksel op. Laat prut tot vleis sag is, - ongeveer 2 ure.

Geur na smaak. Indien verkies kan sous verdik met pasta van meelblom en water.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Souskluitjies

Kluitjies

250 ml koekmeelblom                                                 10 ml bakpoeier

2 ml sout                                                                      50 ml margarien/botter

1 eier                                                                            100 ml melk

 

Sous

500 ml kookwater                                                        25 ml margarien/botter

Kaneelsuiker

 

Sif droë bestanddele saam.

Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk.

Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig.

Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie.

Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor.

Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.

MOET NIE dink dis makliker om dit sommer in die sousie te los nie. As jy nog nooit in jou lewe rubber geëet het nie, sal jy nou!

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Speserykoekies

300g /600 ml koekmeelblom                                      7 ml koeksoda

5 ml fyn gemmer                                                         3 ml fyn kaneel

200 g botter of margarien                                           200 g / 250 ml bruin suiker

1 eier                                                                            60 ml heuning of stroop

12.5 ml strooisuiker

 

Sif meel, koeksoda en speserye saam. Room botter en suiker saam. Voeg eier by en klop baie goed. Voeg heuning by en meng.

Roer droeë bestanddele by en meng goed. Vorm klein balletjies. Doop die helfte van elke balletjie in water en dan in die strooisuiker. Plaas met suikerkant na bo op 'n gesmeerde bakplaat (druk effens plat) en bak 12-15 minute in 'n voorverhitte oond teen 180ºC.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Stywepap en Krummelpap

Daar is vele menings oor hoe on stywe- of krummelpap te maak. As julle enige voorstelle het oor hoe om die onderstaande resepte te verbeter, laat my weet, en ek las dit hierby!

Mens kan mieliemeel ipv die braaipap gebruik wat hieronder genoem word. Ek dink die resepte kom oorspronklik van die pakkies af waarin dit verkoop is.

 

STYWE PAP (4-6 porsies)

 

1 liter water (4 koppies)                                              5ml sout (1 teelepel)

500ml TRADISIONELE BRAAIPAP (2 koppies) (320g)

 

Gebruik 'n groot swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt. Voeg TRADISIONELE BRAAIPAP by. Roer deeglik met 'n hout lepel en plaas deksel op. Verminder hitte en prut vir 40 minute. Roer 'n paar keer. Voeg 125ml (1/2 koppie) koue water by pap. Prut pap oor lae hitte vir 'n verdere 30 minute.

 

KRUMMELPAP (4-6 porsies)

 

500ml water (2 koppies)                                              5ml sout (1 teelepel)

750ml TRADISIONELE BRAAIPAP (3 koppies ) (480g)

 

Gebruik 'n medium swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt. Voeg TRADISIONELE BRAAIPAP by, plaas deksel op en prut vir 15-20 minute. Roer met 'n vurk tot pap krummels gevorm het. Prut vir 20-30 minute. Roer 'n paar keer.

 

Wanneer ons egter vir ons krummelpap maak, dan kook ons dit vir baie langer as wat hulle hier bo voorstel. Ons glo die krummelpap moet stadig en baie lank prut.

Roer die krummelpap vir die eerste keer nadat die meel 'n velletjie gevorm het - dis belangrik om nie te vroeg te roer nie. Hoe lank jy die pap ná die roer laat prut, hang ook af van hoe groot jou krummels is. Ek vind dat 20 min. op 'n medium-lae gasvlam genoeg is, maar smaak verskil en elke ekspert het sy manier.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Suikermielie Bredie

25ml olie 1 ui, fyn gekap                                             500g maalvleis

5ml sout                                                                       2ml peper

1 vleisekstrakblokkie                                                    225ml kookwater

2 aartappels, geskil en in blokkies                               410g (1 blik) roomsoort suikermielies

Geroosterde tamatieskywe

 

Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol. Soteer die ui in die olie totdat dit ligbruin en deurskynend is.

Voeg die maalvleis by en verbruin dit. Roer dit gereeld om sodat dit nie aanbrand nie. Geur met sout en peper.

Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater en voeg dit saam met die aartappel blokkies en suikermielies by die vleis.

Plaas die deksel op en stowe dit 20-25 minute lank oor lae hitte. Roer af en toe om.

Skep die bredie uit in ‘n warm opskepskottel. Garneer die gereg met geroosterde tamatieskywe. Bedien warm.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Suurlemoen Meringue Tert

Ek gebruik 'n beskuitjiekors - 3/4 pakkie Marie beskuitjies en 80 ml margarien, gesmelt.

 

397 g blikkie kondensmelk                                          125 ml suurlemoensap

3 eiers, geskei                                                              125 ml strooisuiker

5 ml asyn                                                                      15 ml mielieblom (Maizena)

 

Voorverhit die oond tot 180°C. Berei die kors en druk dit vas in 'n tertbord. (Ek maak altyd my meringue eerste, dan hoef ek nie nog die klitsers te was voor ek die gele berei nie - regte lui huisvrou!)

Klits die eierwit, en voeg die strooisuiker geleidelik daarby tot dit styf is. Klits nou die asyn en mielieblom by.

Klits die eiergeel saam met die kondensmelk en suurlemoensap. Gooi dit in die tertkors. Skep die meringue bo-op.

Bak vir 10 minute of tot ligbruin (nie veel langer nie, anders word die meringue taai en dit kan brand.)

Verkoel voor opdiening (indien verkies).

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Tipsy Tert

Maak eers die sous en laat afkoel voor gebruik.

Sous

375ml suiker                                                                300ml water

5ml sout                                                                       12,5ml botter

Kook saam vir 10 minute. Verwyder van hitte en voeg 125ml brandewyn by

 

Tert

500ml gesnipperde dadels                                          5ml koeksoda

250ml kookwater                                                         375ml meelblom

250ml suiker                                                                50ml botter

125ml okkerneute en glanskersies                              1 groot eier

 

Gooi kookwater en koeksoda en voeg botter by. Klop suiker en eier. Roer droë bestandele in en voeg dadel mengsel by. Meng goed deur. Gooi in goed gesmeerde bakskottel.

Rangskik neute en kersies bo-op. Bak by 180°C. Wanneer gaar, prik koek me 'n dik breinaald en goei afgekoelde sous oor. Versier met stryfgeklopte room, indien kersies en neute nie as versiering gebruik is nie.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Vetkoekies

375ml ongesif afgemeet koekmeelblom                    15ml bakpoeier

10ml suiker                                                                  5ml sout

500ml gaar koue rys                                                    410g (1 blik) geroomde suikermielies

125ml melk                                                                  1 eier

kookolie vir vlak braai

 

Sif die koekmeelblom, bakpoeier, suiker en sout saam. Vou die rys en suikermielies in die gesifte bestanddele in.

Klits die melk en eier saam tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en maak aan tot ‘n sagte deeg.

Skep eetlepelsvol deeg in matig warm kookolie. Braai die vetkoek eers aan die een kant tot goudbruin  dit moenie te vinnig braai nie.

Dreineer die gaar vetkoeke op kombuispapier en sit warm voor. Heerlik saam met stroop of heuning.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Vinnige en Maklike Melktert

1 Blik Kondensmelk                                                      6 Eetlepels Mazina

1 eetlepel Botter                                                          1 Teelepel Vanilje geursel

2 Koppies Water                                                          2 Eiers Geskei

 

Verhit Kondensmelk en water tot kookpunt. Maak Mazina aan met bietjie water.

Voeg by kondensmelk en laat kook tot dik. Voeg botter en vanilje by.

Verwyder van hitte voeg eiergele by. Kook weer tot gaar.

Verwyder weer van hitte en voeg styfgeklitste eierwitte by.

Voeg in tertkors van tennis beskuitjies.

Bak in oond by 180 grade C vir 30 min.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Wasgoedbondeltjies

3 k meelblom                                                               1 eier

Sout                                                                              113 g (1/4 lb) margarien

1 teel bakpoeier                                                           kouewater

 

Sif droë bestanddele en vryf margarien in meel. Klits eier goed, voeg by meel asook water tot dit kan uitrol. Rol dun uit, sny vierkante. Sit vleisvulsel in middel en vou toe. Steek vas met kruienaeltjie. Braai bruin in olie.

 

Vleisvulsel

250 g (1/2 lb) gemaalde vleis                                      1 1/2 huisie knoffel of knoffelsout (1/4 teel )

2 teel olie                                                                     gekapte pietersielie

1 teel kerrie                                                                 1/2 ui gerasper

 

Braai ui en knoffel en voeg ander bestanddele by.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Wildsvleis Bobotie

50 ml olie                                                                     1 ui, gekap

15 ml kerriepoeier                                                       750 g gemaalde wildsvleis;

7 ml sout                                                                      37.5 ml bruin asyn

37.5 ml fyn appelkooskonfyt                                        1 Granny Smith-appel, grof gerasper

50 ml pitlose rosyne                                                    1 sny witbrood

350 ml melk                                                                 2 eiers

5 ml borrie                                                                   4 vars suurlemoen- of lourierblare

 

Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag en deurskynend. Voeg die kerrie poeier by en braai dit 1 minuut lank.

Voeg die maalvleis by en braai dit totdat die vleis verbruin. Voeg die sout, asyn, appelkooskonfyt, appel en rosyne by. Plaas die deksel op en prut dit 10 minute lank.

Week die brood in melk. Druk die melk uit en voeg die brood by die vleismengsel.

Skep die vleismengsel in 'n vuurvaste oondskottel. Klits die eiers en melk saam en voeg borrie by. Druk die suurlemoen- of lourierblare in die vleismengsel en giet die eiermengsel bo-oor .

Bak dit 40 minute lank in 'n voor verhitte oond teen 180C totdat die vla gestol het.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Worsgebak

30 ml sonneblomolie                                                   1 ui, gekap

1 groen soetrissie, ontpit en gekap                             10 ml matige kerriepoeier

2 ml borrie                                                                   500 ml kookwater

15 ml blatjang                                                              5 ml sout

2 ml peper                                                                   500 g rou boerewors, in 4 cm- stukkies gesny

1 x 410 g blik appelkooshelftes                                   300 g rou rys (375 ml)

gekapte grasuie vir garnering

 

Verhit die olie in 'n swaarboompan, braai die uie en soetrissie tot sag en deurskynend, ongeveer 5 minute. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai 'n verdere minuut.

Voeg die kookwater, sout en peper en blatjang by, verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 2 minute prut.

Pak die rou wors op die boom van 'n groterige oondskottel. Skep die uiemengsel eweredig bo-op die wors. Rangskik die appelkooshelftes bo-oor die wors en giet die sap oor.

Sprinkel die rys eweredig oor, plaas die deksel op en bak in 'n voorverhitte oond by 200C (400F) vir ongeveer 45 minute of totdat die rys gaar is. Strooi gekapte grasuie oor en sit warm voor.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Wortel en Aartappelsop

2 koppies rou aartappels (blokkies)                             2 gekookte wortels (in blokkies gesny)

I ui                                                                                2 koppies kookwater

4 eetlepels botter                                                        1 teelepel suiker

2 koppies melk                                                             1 eetlepel meelblom

1 teelepel sout                                                             peper na smaak

 

Maal die ui en braai in helfte van botter totdat dit 'n ligte goudkleur het.

Voeg aartappels en kookwater by en kook vir 15 minute of totdat die aartappels sag is.

Meng meelblom met res van botter. Voeg die wortels, melk en meelblom by en kook vir 5 minute totdat dit dik is.

Bedien met gekapte pietersielie.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Yskaskoekies

2 pk tennisbeskuitjies                                                   1 x 250 g margarien (gesmelt)

1 blik gekookte kondensmelk                                      1 pk versiersuiker

1 eetl koffie – ekstrak                                                  1 eetl vanielje

Okkerneute

 

Meng alles saam behalwe beskuitjies & okkerneute. Breek beskuitjies in. Druk vas in gesmeerde bak. Strooi gekapte okkerneute oor en plaas in yskas. Wanneer gestol, sny in blokkies. Die koekies kan lank gebêre word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Ystervarkies I

Hierdie is 'n staatmaker

350g (625ml) Bruismeel                                              7ml bakpoeier

1ml sout                                                                       125g botter of margarien

250g (325ml) suiker                                                     4 eiers

 

Stel oond op 200C (400F) en smeer twee bakpanne van 18 x 28 x 3cm. Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam. Klop botter en suiker tot romerig. Klop eiers een vir een by bottermensel en meng goed na elke byvoeging. Voeg gesifde bestanddele bietjiesgewys by en roer tot alles net gemeng is. Skep in panne, maak gelyk en bak 15 - 20 minute. Keer uit op draadrak en laat afkoel.

Sny in blokkies van sowat 3 x 3cm.

 

Stroop

375ml kookwater                                                         600g (750ml) suiker

1ml sout                                                                       15g (30ml) kakao

15g (15ml botter of margarien                                   5ml vanieljegeursel

400g (5 x 250ml) klapper

 

Meng kookwater, suiker, sout en kakao in 'n dubbel kastrol, oor kookwater. Doop koekblokkies vinnig in stroop en sorg dat al sy vier sye bedek is.  Rol in klapper en plaas op draadrak.  Hou in koelkas.

Lewer 8-9 dosyn

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Ystervarkies II

Laagkoek

1 koppie melk                                                              4 eiers

Strooisuiker                                                                  1 teelepel vanilla

4 teelepels bakpoeier                                                  125 gram botter

1 ½ koppie                                                                    2 koppies koekmeel

1 eetlepel meelblom

 

Kook melk en botter en laat afkoel. Klits eiers met strooisuiker en vanilla. Sif koekmeel en sout 3 keer. Meng bakpoeier met meelblom. Meng eiers met koekmeel. Voeg melk by en roer bakpoeier laaste by. Bak 25 minute by 200 C.

 

Stroop

2 koppies suiker                                                           ¾ koppie water

4 teelepels kakao                                                         knippie sout

 

Kook alles vir 3 minute. Hou warm. Gooi oor stukke koek. Rol in klapper.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

hits counter